vrijdag, augustus 14, 2009

Experienc! India

Vir iemand wat die eerste 52 jaar van sy lewe in Afrika gewoon het , was die ervaar van India onverwags- ek was voorbereid op die derde wereld, maar het rerig nie so’n variasie van die derde wereld verwag nie! Geen vooraf voorbereiding kan mens staal teen dit wat daar wag nie.
Die besoek is gereel deur die Rubi Hall kliniek in Pune- ek was deel van ’n groep van 6 ginekologiese chirurge wat aan ’n vooraf bespreking van sy vak en dan ’n dag gewei aan operasies wat hy moes lei voor ’n gehoor van ongeveer 200 Indiese kollegas. Pune is ’n stad wat anderkant ’n bergreeks van Mumbai is- om daar te kom vlieg mens na Mumbai en gaan dan met die (enigste in India blykbaar) expressway oor die berg na Pune. Dit is altans die teorie. In die praktyk is dit egter ’n heel ander verhaal, en dis die verhaal wat ek wil vertel.
Die vlug na Mumbai was eerste werelds en goed. Die aankoms in Mumbai was om tienuur die aand- die datum was 30 April, dus voorjaar hier, somer daar. Die uitstap uit die lughawe was die binnekoms van totale chaos. Mense , mense en nogmaals mense- orals waar jy kyk. Iewers in die bondel het my beloofde “driver” met ’n plakaat met “Nieuwoudt”- nogal reggespel –op gestaan. Met haas is ek in die taxi in gehelp, gelukkig soos dit later sal blyk op die voorste sitplek.
Die rit ( onthou dis 11 uur in die aand) deur Mumbai was ’n rit deur wat ons in Suid Afrika, plakkerskampe noem- die Nederlandse woord ontwyk my, maar ek dink nie hier in Europa is soortgelyke wonings nie. Die mense moet in skofte slaap op die plekke in die hutte waarin hulle slaap, want die strate was om middernag vol- selfs Koopavond in Terneuzen maal 5 kom nie nagenoeg aan hierdie hoeveelheid drukte nie! Na ’n uur se getoeter (agter op die vragmotors staan “please horn, thank you please”) van die driver het ons uit Mumbai se nagverkeer geneem op die 3 baan Express way- binne in ’n ander wereld van chaos.
Die baan keuse van die bestuurders bestaan nie- elk ry waar hy wil. Elk blaas sy auto se toeter om ’n weg te baan. En dit bult op en bult af vir 3 uur lank. Vragmotors staan in die middel van die weg- gewoonlik skuis- geparkeer- waarskynlik het dit gebreek- en die verkeer moet sy eie weg rondom dit vind, byna soos die water in ’n rivierstroom sy weg vind rondom rotse in die rivier. Ek het vooraf beplan om bietjie te slaap op die rit na Pune: die adrenalien in my are het my egter wakker gehou , daar op die voorste sitplek waar ek al klouend aan die deurknop van die deur gesit het. Elke wan en dan het die driver gestop, rondom die wit auto van onbekende bron en jaar, gestap en teen die wile geskop. Die bedoeling hiervan het ek liewers nie gevra nie.
Om 3 uur die ogend het ons by die hotel ge-arriveer: onvoorspelbaar in watter soort sosio-ekonomiese buurt dit was. Plakkerkampe buite, besige straat voor die deur en veiligheidswagte orals. Met die binnekoms in die hotel stap mens in die mees luksieuse omgewing waaraan jy kan dink- 5 sterre staan buite, maar waarskynlik sal 6 sterre meer akuraat wees. Koloniale rykdom straal van orals- gelukkig het ek, of ZorgSaam, nie hiervoor betaal nie, maar my gashere. Dit sal ook my veilige hawe wees vir die volgende 4 dae. My gasheer het my die volgende dag om 10 uur kom haal, ’n getoeter rondreis deur Pune se sentrum – en ook chaos- geneem. Die aand het ons met die ander hoofgaste Indies ge-eet in ’n eerste wereldse omgewing, met die derde wereld net die stoep af.
Die seminaar en chirurgiese workshop het goed afgeloop- die enigste was dat ek as “professor Nieuwoudt” aangespreek was. Dit het nie gehelp dat ek hulle daarop gedui het dat my ma dit graag sou wou hoor, maar ek is maar net ’n gewone arts uit Terneuzen- word nie altyd eers as dokter daar aangespreek nie- is. Het hulle toe maar laat begaan en die oomblik geniet. Ek en dr Farnsworth van Australia was die enigste buitelanders wat deel was van die “faculty” en ons is met groot seremonie ingesweer en het selfs kerse moes aansteek vir die Indiese gode wat die seminaar/workshop moes beskerm. Moet herken dit doen die ego goed om so in die sonnetjie gesit te word!
In die Rubi Hall kliniek en operasie kamers was dit interessant om op te let hoe die derde en eerste wereld hulself afgewissel het: die gebou was nuut, die aparaat so modern soos wat jy kan kry, maar die operasie tafels het egter nog uit die sestiger jare van die vorige eeu gekom- werk nog met slingers. Ook het almal “slip-ons” soos wat ons in SA strand toe gedra het aan as enigste voet tooisels in die operasie kamers. Uiteraard was die organisasie rondom die operasie ook nie altyd soos wat ek my mensies hier in De Honte geleer het nie- as jy ’n instrument vra kry jy ’n instrument, nou nie noodwendig wat jy gevra het nie, maar wel iets. Die verpleeg personeel is geweldig onderdanig, die gesags struktuur is geweldig en mens kom gou agter wie die baas is en wat hy vra gebeur- ook nou nie soos dit in De Honte altyd gaan nie!
Die rit oor die berg terug was die vorige nagmerrie in reverse- die slag in daglig en met vooraf beter sielkundige voorbereiding. So al skoppende aan die wiele, en selfs ’n plas stop teen ’n boomstam (van die driver- ek was te bang om uit te klim, netnou word ek agtergelaat) is ek midde in die laatmiddag verkeer van Mumbai om 4 uur die middag op die lughawe stoep afgelaai. Die driver was haastig terug voordat die verkeer te erg raak- indien dit ooit moontlik is! Die ondervinding en die tydsverdryf aksie wat ek moes doen – my vlug was eers om 3 uur die volgende ogend terug na Brussel- is ’n verhaal vir ’n later geleentheid.
In ’n kort 4 dae het ek India experience. Of ek weet of ek dit weer sal wil doen, weet ek nie, miskien wel. Wat ek egter dankbaar voor is, is dat ek Danette nie saam geneem het nie- sy sou nie weer terug oor daardie berg wou ry nie- anders was ek haar kwyt.

zondag, juni 10, 2007







Cancun,Mexico
10 Junie 2007
Was byna gister op poepolsevlakte: met ons kaartjies waarmee ons via Atlanta sou gaan het osn aangeneem jy bly maar (soos alle ander plekke in die wereld) in die deurgaan zone van die lughawe, maar die Janks doen dinge blykbaar anders- daar moet jy deur immigrasie gaan en weer herinkom na die internationale gebied……..dus poepol en sy pel kom vrolik by die Swart meneer van die immigration etc met sy revolwer in die sak, sy belangrikke Swart uniform aan en sy belangrikke Swart gesig: where is jour visa? O fok, agge aai…in goede engels probeer eers Danette ( die staan met die pampiere) , toe ek toe weer Danette ( meneer stel haar aan as spreekbuis) en mens dink hy grap, maar o wee..nee.
Begelei, darem nie met voetboeien nie- hiervoor is ons maar dankbaar( teen die tyd weet jy nie wat nou nie), na ’n kamertjie waar die verskriklikste skurke sit wat wou inglip in die US of A. Hier het ons 3 uur gesit en wag en word geroep, om weer te gaan sit en wag. Danette se blaas word natuurlik later vol en moet plas, met die grootste moeite is sy daar uit en na angsvolle halfuur se alleen wag kom sy terug met minder trane in die oe, maar ons wag nog---- die een meneer meer belangrik as die ander met meer wapens op die sy ens as die vorige.
Om te stry en te se “ maar we are passing only thru” help nie, ons het geen visum om in te kokm in die states nie en alle papiere wat wys ons pass net thru beteken niks. Toe ’n Hollander wat as jongeling ( hy is in 1956 gebore!)dagga of iets verskrikliks gedoen het , en wie se suster in 1976 sy exvrou ( weet nou nie of dit andersom is nie) paspoorte van mekaar gebruik het.. en ander ou sonnes gedoen het, angese word hy word in “holding facilities”aangehou tot hulle hom op die eerste vliegtuig ( in voetboeie begeleid tot op sy sitplek daar) gaan terugstuur Amsterdam toe—begin Danette visioene kry waar ons vanaand gaan slaap en hoe ons by die huis gaan kom …..
Laat ek maar se ons het 500 dollars betaal vir ’n visa wyver of so iets wat ons toelaat om te hol na die vliegtuig wat gelukkig laat was, en nou sit ons hier vieruur in die oggend, uitgeslaap en dis donker, en warm en die hotel is te grand vir ons en die ding wat ek gisteraand 11 uur met aankoms hier gaan eet het( in my kop was dit toe al 5 uur in die oggend) in my keel vasgehak as ’n sooibrand van buite die wereld. En ons moet nog terug- ons kaartjie wil dat ons oor Cincinatti ( ook in die US of A waar ook menere mer swartuniforms en wapens op die sye is) en ons het nog steeds nie visums om in die wonderland en uitkoms vir die teriristiese bedreiging van die wereld te mag ingaan nie….
Ek moet se ek was maar bly ma ( dis Alna v/d M vir die wat nie weet nie) het nie saam met ons op die koffertjies in die kantoortjie vir 3 uur gesit en wag vir niks nie: dan het sy kwaad geword , die Swart meneer geslaan met die handsak en het ons almal ook holding facility toe getrek en terug Amsterdam toe.

Hotel: FiestaAmericana Coral Beach Cancun
Tel: +529988813200 Room 468 vra vir poelpol en sy pel

maandag, mei 07, 2007

My Ma: Annie Nieuwoudt 24 Julie 1920 - 10 mei 2007

Dit is met diep hartseer wat ons afskeid neem van my ma, Annie Nieuwoudt. Sy het so lank deel van ons lewens gewees, nee, sy was en sal altyd deel wees van ons lewens. Haar sal ons altyd by ons he, al is die mens Annie Nieuwoudt nie meer daar nie, is die gees lewend.
Ek herken haar in my, ek het haar in my. Sonder dit is ek nie, sal ek nie wees nie en hoort ek nie hier nie. Wat ek is en wat ek sal word is as gevolg van haar: my lewe is die nalatenskap aan haar en daarom bestaan ek.

" Ek sal nie by ma se begrafnis wees nie, maar soos ek daardie laaste aand aan ma gese het: ek is mos altyd by ma gewees! Rus in vrede: ma verdien dit"




ouma by Frans se troue op 3 maart 2007, 'n kort laaste uittog voor die beroerte haar eers afgetrek het en toe vernietig het: nie vir altyd nie.

zondag, december 10, 2006

Durbuy : Die Belgiese Ardenne Desember 2006

maandag, oktober 30, 2006

Franse Vlaanderen

zondag, oktober 15, 2006

die kreek



donderdag, juli 13, 2006

IerlandJunie 2006

Vir `n soveeljare ge-isoleerde siel uit Afrika was Ierland en die Iere iets soos `n oorlog met die engelse, dronkenskap en grappies waar hulle altyd as die dom een na vore gekom het. O ja, hulle woon op `n eiland iewers langs die grootste Brittanje en het `n mislukte aartappel oes gehad en hongersnood- tot so ´n mate dat daar meer die eiland verlaat het ( om `n land ver weg te help skep wat vandag Amerika genoem word en daarom praat die amerikaners vandag nog soos die Iere) as wat agtergebly het.

Wonder of dit ook ons voorland gaan wees- meer buite SA as daar binne.

Dit het `n van der Merwe se kuier uit SA gekos om my na die groen eiland te laat gaan. Hier het ek `n ander Ierland ontdek / gekry.

´n Mooi land. `n Land vol warm vriendelike mense, ´n land met stukkend kerke, maar tog bewaarde murasies, ´n land met fantastiese kroege en Guiness bier en whiskey ( weet jy dat ierse whiskey drie keer " refined" word, skotse whiskey twee keer en amerikaanse - tipies amerikaans)-net een keer?)

Moenie dink jy kan Ierland in een week of twee weke doen nie - moenie eers ´n tyd sit aan jou kuier daar nie. Jy gaan terugkom, en jouself belowe jy gaan weer terugkom. Mens moet net. Weer gaan.

Daar is soveel wonderlike dinge aan Ierland dat ek net enkel woorde aan sommiges kan gee en dan nie eens die helfde noem / onthou nie. Jy`s bewus van hul liefde vir rugby, sport in die algemeen. So lief dat hulle hul eie tipe rugby speel - met `n ronde bal! Hul eie tipe hokkie en selfs hul eie soort " games"- die Galic games: met alle tipe dinge op die agenda. Net verspoeg is nie daar nie.

Die musiek, die blou oge, die groen en groen. Die reen het weggebly, maar selfs as dit gereen het sou dit nie saak maak nie. Die hawedorpies. Die poging tot toerisme en die afwesigheid van toerisme. Die baie smal verdwaalpadjies. Irish stew. Irish koffie.

Dublin. Poekie wat die laaste naweek met hom pa en ma kom kuier het.

Kom ek laat die foto`s praat.



























































































































































Guiness please!



Nog altyd oupa se nommer een!





































As jy Ierland in net `n week wil ervaar eindig jy as `n ou moeg man!
Free Photo Albums from Bravenet.com Free Photo Albums from Bravenet.com