dinsdag, augustus 16, 2005

Van Butch vroue en Knyphol mannetjies

wagtend op `n pizza - in Italie!






Die beplanning het heelwat tyd in beslag geneem: Frans kom kuier en ons wil hom graag na `n deel van Europa neem waar hy nog nie was nie . Dit het begin met RCA en geeindig met die vind van `n ferienwohnung in die Ammergaugebirge (Beierse Alpe) naby Oberammergau (met `n Hollandse zaak, genoemd met die tacky naam “ Happy Home”- heelwat meer proffesioneel as wat die naam sou voorspel!). Dis eers toe dat ek ( na alreeds die plek gebespreek en gebetaal is!) agterkom dat ons 830 km met die ou rooi Volvotjie moet ry.
Met Frans opgetel in Saventum lughawe (Brussel) is die langpad aangepak Bad Kohlgrub toe. Eerste mikpunt was Weinheim, so `n 20 km noord van Heidelberg: eerste mikpunt bereik – met `n moegman en sy hond op die agtersitplek. Danette bestuur en ek navigeer: “ jy probeer saam met die duitsers jaag en sal ons verongeluk , ens” . Verras met die blindelingse keuse van `n hotel gewees ( internet gesoek en gevind op die goedpryslangs- 84 euro vir ons drie en die hond).
Die tweede dag se ryery was heelwat lekkerder met almal lekker uitgerus en die oplugting van `n 2 uur rondloop in Heidelberg. Tot op Karlsruhe was dit maar punt in die wind ry op die outobahn se 3 bane ( Goddank vir die midelbaan waar die gewone mense ry teen so 120 km, met regs van jou lorries en hollanders teen so 80 km per uur en links van jou maniake in BMW`s teen so 150 km per uur! Die manne ry soos een wat iets iewers vergeet het), daarna reg teen die sonnetjie in rigting Stuttgart. Soos ons gevorder het en die dorpe/stede se name meer met `n “heim” agtervoegsel eindig ( daar is selfs `n Heimheim!), het die omgewing meer bulterig en mooier geword.
Terwyl ek op die outobaan onderwerp is wil ek een en andere kwytraak. In die linkerbaan is altyd `n duitser wie se gat jeuk en in die regterbaan een wie nie sy gat in rat kan kry nie. Die moeilikheid is as daar net twee bane is- jy bly in die verkeerde baan, byna soos op die N2 tussen Somerset-Wes en Kaapstad, die enigste verskil is dat daar nie duitsers in die kar sit nie, maar in die een baan `n juppie en in die ander baan `n tipiese afrika-ryer. Wat die netto-effek op die duitse outobaan is , is dat elke nou en dan alles tot stilstand kom. Die vader weet waarom. Geen verwagte ongeluk of padblokkade. Een oomblik staan als en almal stil en die volgende oomblik is dit weer voet in die hoek. Dan wonder mens of al die geen spoedbeperkings storie in Duitsland enige waarde het.


Toe die heimname opraak het net Ulm nog oorgebly ( die agtervoegsels het nou “au” begin word) en daar draai die rooi Volvo suid rigting Kempten, en kom kort daarna aan in Bad Kohlgrub. `n Duitse skiddorpie wat in die somer probeer om `n paar toeriste te melk. Lekker stil (net een internet kaffee wat om 3 uur middags oopmaak en die dorp plus Frans se emails hanteer) en sentraal gelee vir die ryery wat gaan kom. Die "bad" beteken nie sleg nie, maar staan vir bad, soos in modderbad.

Van hier al die gewone toeristiese dinge op sy Nederlandse manier gedoen:, die naaste Aldi`s (of Lidl´s) soek vir aanvulling van voorade, broodrolletjies soggens by die lokale bakker koop: kaas van die huis op die toebroodjie sit en elke dag jou botterhammetje saamvat vir die tussendoortjes. Sappe van Aldi`s inpak vir voginame ens. So het ons rondgery: uiteraard moes ons eerste na Oberammergau, al is die passiespele eers oor 5 jaar; en toe na die pragtige hoogtepunt ( ongelukkig was hoogtepunt al die tweede dag weens die sonnige weer wat toe al daar was), die sogenaamde Königsschlösser: Schloss Hohenschwangau en Neuschwanstein ( en later die ander deur ons ondekte oorblyfsels van die mal koning , Ludwig 11, wat tans die toeriste in die beierse alpe vermaak: Linderhof kasteel en Herrenchiemsee).
Dis veral die Schloss Neuschwanstein wat mens laat reggop sit. Gebou deur die jeugdige koning Ludwig 11 in 1869 – hy het slegs 170 dae daar gebly tot hy mal verklaar is, van sy troon verwyder is (deur 'n heer met die naam Bismark) en 3 dae later verdrink het ( onder duistere omstandighede saam met sy persoonlike lyfarts….). Hy was ook homoseksueel. Al hierdie heerlike dekadente toeristiese attraksies maak alleen natuurlik `n besoek hier die moeite werd.




Die Streek:

Staan jy voor die kaart van Duitsland , dan is die onderste grens van Duitsland, eers met Switserland in die weste en dan Oostenryk tot op sy oosgrens, die deel wat ek wil uitwys. Op hierdie grens loop die sogenaamde Deustche Alpenstrasse ( of die “ German Alpine road” - Bayern). Vier streke kan rofweg identifiseer word. Van wes na oos is dit eers die Allgäu, dan die Ammergau, met die Meer streek en die boonste Isar vallei en aan die oosgrens is die Sudelfeld en die Chiemgau berge.
Ek het so `n paar jaar gelede die pragtige Allgäu vanuit Oberstaufen bereis en vanjaar was dit die Ammergau se beurt. Hierdie streek strek vanaf Füssen (met sy Königsschlosser von Hohenschwangau und Neuschwanstein- die sogenaamde “Royal Castles of Bavaria” ) tot by Garmisch- Partenkirchen, digby die vir my meer bekende Uberammergau. Naby laasgenoemde word die woonplek van die jong Ludwig 11 gevind, Schloss Linderhof. Hierdie mal mannetjie se spore is orals tevind en heerlike toerisme kuierplekke: geld wat hy in sy geestes versteurdheid verkwis het word vandag in euro´s teruggevind. Enige besoeker aan die streek wat hom as `n tema neem kan homself dae lank vermaak.
Met die skidorp Bad Kohlgrup (die slag sonder sneeu en ski) as basis het ons daagliks op en neer gery en die vele dorpe en bergpaaie van die omgewing bekyk. Daar is eendag selfs deur die breedte van Oostenryk via Insbruck na Italiё gery om daar vir die plesier `n Italiaanse pizza te eet!
Die Omgewing:
Dorp op dorp met geverfde mure, groen velde en heuwels waaroor jy enige tyd vir Julie Andrews verwag wat sing the hile are alive. Berge soos ons nie in Holland het nie en lekker wandelpaaie waarop ons net eendag kon loop weens die regen en nogmaals regen.

Die mense:

Duitsers bly duitsers, maak nie saak of hy by die huis is en of hy weg van sy huis is: dit was Frans wat opgemerk het dat die klomp vir hom so verkeerd om is. Die manne lyk soos vroue en die vroue gedra en loop soos manne bakarm- `n regte groep van knyphol mannetjies ( my woord) en butch vroue( Frans se beskrywing)! Wat egter opvallend van die klomp in beiere was is dat hulle hier nog opdress in Leerbroeke en geborduurde onderhempies en die anti`s dra sulke snaakse rokke wat ek nie beskryf kan kry nie: stel jou voor ons mense sal opstraat verskyn in voortrekker klere. Geen een kan engels praat nie en as jy nie duits verstaan nie word jy ignoreer- afrikaans help soms wel.


Ek laat die foto´s hul eie verhaal vertel:




Die Ammergau gebirgtes met Oberammergau in die middel



Die pad daarnatoe het by Heidelberg verbygeloop - toevallig?











Die Neckar












Bad Kohlgrup

Oberammergau


































the hills come alive
















Wat word daai swartbier genoem?







Frans moet raadgee oor tafeldoek kopery






Kochelsee












Hohenswangau









Mittenwald op die Oostenrykse grens











En dan Neuschwanstein: gebou deur Ludwig, bewoon deur Lugwig vir slegs 170 dae!












En laaste: Linderhof - darem langer deur Ludwig bewoon.







0 Opmerkings:

Een reactie posten

<< Home

Free Photo Albums from Bravenet.com Free Photo Albums from Bravenet.com