maandag, augustus 15, 2005

Venesie 2005

Soos gewoonlik is ons twee ou's natuurlik ure voor die tyd oppad na Charleroi gewees en ook maar goed. donnerweer het chaos op die Belgiese paaie veroorsaak en ons was gelukkig om net voor die groot donnerstorms aan te kon kom op Charleroi ( "Brussel Suid Lughawe"- 'n hele 80 km annerkant Brussel!): 'n hele 5 uur te vroeg.
Die donnerweer was so erg dat een vlug na Rome gekanselleer is, en benoud het ons gewag op ons vliegtuig om te land. Die wat nog nie in Raynair gevlieg het nie: die vliegtuig land, almal word haastig afgelaai, die vliegtuig word dadelik weer volgelaai, ref so 'n paar keer en daar gaat ons!
Met die landslag was daar erge reen, met die inlaai slag was daar erge reen en met die opstyg weer erge reen. Danette, die liewe mens, is skytbang vir vliegtuig ry. Vir die volgende uur en 'n half moes ek my gedra. Waar sy eers bang was die vliegtuig kom nie, daarna bang was ons styg nie op nie, was sy nou bang ons gaan nooit land nie: veral toe ons byna by Venesie was en die man agter die stuur kondig aan dat ons bietjie rondgaan draai want dis nou te gevaarlik om te land. Vir 'n uurlank, plus sy halfuurtjie by, het ons geskud en gestyg en geval.....
Was nogal bly om die van der Merwes te sien. Toe eers agtergekom ons het op Treviso geland: 'n hele twee uur padlangs van ons Hotel en sonder Hennie se vooraf huiswerk ( OK ma het ook gehelp) sou ons nooit met die bus op, bus af, bus op en wag en busaf en weer wag en toe busop en af in Isolo gekom het nie: kort na middernag. Ma holstraat af(om eetplek te soek), ons hol hotel ( en plasplektoe) en sit toe aan by 'n dikbek italjaner kelner wat wou huistoe endeur sy baas aangese is om vir die base kos, of pizza's ) te maak- hulle kom van ver af. Met die sitslag eers het dit opgehou reen.
So is ons toe aangekomen.

Die volgende dag is ons straat af in Isolo om te shopping ( skoene en leer), later gaan swem in die lekker warm water- sonder haaie, maar met hier en daar topliss ( Hennie praat van Trixies met hangtieties- die meeste was maar oud en hangerig) vroue- en gerus vir die groot Venesie besoek die volgende dag.



Uiteraard het dit weer gereen en uiteraard het ons vergeet om sambrele of reenjasse saam te vat. Nat nat busgery, op en af en weer op en af en toe ferrie tot in Venesie.









Hoe beskryf mens die plek?
Ons was daar in 1976: 'n jong mannetjie met sy vrou en sy skoonpa en sy skoonma en sy swaer. Die water het gestink, die plek was besig om in die water weg te sak, die geld was min, dit was vrek warm en ons het in die ou stad geslaap. Kan net onthou dat dit mooi was, dat ons byna te laat op die vliegveld aangekom het want die taxiboot se propeller het in seegras vasgesit, en natuurlik onthou mens maar soos dit op die skyfies was wat mens toe geneem het.


Laat ek byna volstaan met: heeltemal anners die keer. Meeste van die kleinkanaaltjies is toegegooi met sand en messelklip bo-op, sodat mens heerlik beroof kan word deur al wat 'n klein winkelstraatjie is.
Gangetjie op gangetjie van enerste winkeltjies wat enerste toeriste goedjies verkoop: ek en veral Danette is gek na die tipe plekke!






Rondgeloop , eers in die reen, toe met bloutenduursteaangekoopte reenjasse, en later kaalarm toe die reenstop en die son uitkom en dit warm begin word.



Danette het haar gebruiklike horlosie ( "egte murano, of so iets glas!") gekoop en onner die blad gebere en weer geloop en kyk. Later geeet: natuurlik pizza en pasta en verwonder aan n klomp wat of in of uit getrek het vanaf 'n 5de verdieping van een van die huise wat oud is maar nie bouvallig nie.

Uiteaard is ons uitgelok om op een van die gondolas te ry, wat ons nie gedoen het nie: die man het my afrikaans verstaan toe ek se eklaatmynierobnie en ons toe uitgelos.












Selfs die vogel wat op Hennie geskyt het van bo toe ma gekoop het, kon die man se romantiese geaardheid blus nie! Hy vee toe maar net af en se sies!






Nou ja, na 'n dag se kyk en rondloop is ons huis toe: die res van die kuier het bestaan dat ek en Henrik soggens met die hotel se fietse die plek (gelukkig is Isolo so plat soos Nederland) ontdek het. So verdwaal verdwaal kon ons darem laat oggend ons ontbytplek kry: en nie skuldig voel oor gisteraand se Pizza(ek) of pasta (Hennie) nie!

Sondag vroeguit gewees en busop, busaf, wag en busop, en busaf tot in Treviso en op Ryanair na Charleroi. Die belangrikste van hierdie rit was dat ons 'n bus net vir onsself gehad het die laaste end na die lughawe en dat daar geen donnerweer oppad terug was nie (anders het Danette nou nog in Isolo of Venesie of Italie gesit)

Met 'n ekstra kilo of twee om die ribbes het ons ( met die van der Merwes) in Terneuzen aangeland.

0 Opmerkings:

Een reactie posten

<< Home

Free Photo Albums from Bravenet.com Free Photo Albums from Bravenet.com