dinsdag, februari 07, 2006

Winter in Zeeuws-Vlaanderen


Dis nou die vierde winter wat ons hier deurmaak en daarom kan mens jou seker so versigtig versigtig wysmaak dat jy jouself, om nederlands te gebruik, een expert noem op die onderwerp!
Vir die wat die noordelike halfrond se winters nie ken nie: daar is verskeie vorme wat die winters inneem.







die hospitaal op nuwejaarsoggend 2006











Dit is sneeu ( wat 'n rare verskynsel in Zeeuws-Vlaanderen is, en as dit gebeur is die vsneeuval lig en oor 'n dag en dan sit dit as dit goed gaan , vir 'n week op die grond en is dan weer weg: iets wat hier glimlagte ontlok soos die donderweer dit in die binneland van SA ontlok: die gemors van langdurige sneeu op die grond en die gemors van smeltende sneeu- meer modder- ken ons nie hier nie), dan is daar Jisweer ( dis sonskyndae met temperature wat nie bo vriespunt kom nie en baie koue nagte: as dit 3 dae namekaar gebeur is al wat water gevries en kan mense skaats op alle wateroppervlaktes- dis die weer wat almal van hou- hier ook maar 'n rare verskynsel), maar die wintersweer waarvan niemand hou nie is die Grijsweer.( hiervan baie: zagteweer met temperature wat in die omgewing van 2-5 grade oordag wissel en met bewolkte, soms reenweer: als is grys en nat en koud, veral as die windwaai. Maak nie saak uit watter rigting nie: vanaf die noorde kom dit uit Siberie, van die weste vanaf die Noordsee en van die binneland vanaf Duitsland, en niks goed kan van daai kant kom nie!) Grijsweer is die ongewildste, maar ook die algemeenste: dis net vrekkoud en mislik. Gelukkig help warmjasse en warmhuise!



die arme ganse op ons vijfer: ook maar die luigatte wat nie na warmer weer wou vlieg!


Vanjaar het ons op Oud-Nieuw (oujaarsaand) sneeu gehad: heerlik om hier te wees. Ons het aan die einde van januari misweer gehad wat so koud was dat die mis behoorlik gevries het in die lug en dit het as fyn yskristalletjies orals op die bome en grond gaan sit: "fijne sneeuw"genoem: pragtige beelde was so geskep. Tussen in het ons net grijsweer gehad.

Maar die winter is nog nie verby nie. Verledejaar het dit op 27 februari gesneeu!



misweer














sneeuweer














verijsde mis



skip in op die Terneuzen-Gent kanaal

Free Photo Albums from Bravenet.com Free Photo Albums from Bravenet.com