dinsdag, september 06, 2005

Drenthe met ouma en die Malherbes

Waar is Drenthe en wat sal mens nou daar gaan soek? Dis `n vraag wat jy net kan antwoord as jy daar was.
Gaan staan voor `n kaart van Nederland en bekyk dit goed. Aan die bodeel van die landje, aan die boonste derde van die land, na die binneland toe, is daar in die middel `n streek wat vasgevang is tussen bome van alle kante.

Daar is stede in , maar dis nie die bekende en beroemde of berugte stede van Nederland nie, dis stede met name soos Hoogeveen, Meppel,en Assen.

Nie een veel van `n besoek werd nie: as jy na Drenthe gaan , gaan jy na die platteland. Jy klim in jou kar en jy ry tussen klein dorpies rond met name soos Ruinen, Dwingeloo, Havelte, Westerbork, Exloo, Gieten Gees en Anloo, om`n paar te noem.


Jy kyk langs die pad vir stapels klippers wat eintlik grafte is of was van 5000 jaar gelede;

































jy beland toevallig in Westerbork in `n gebied waar daar eers `n versamelpunt van jode was wat uit Duitsland gevlug het voor Hitler uit en dan weer lekker bymekaar gemaak is vir die invallende duitsers om Hollandse jode by te voeg en almal terug te stuur na Auswits en ander onwettige plekke.

Jy ry in die platteland rond en sien geen dyke of polders of ver in jou toekoms in soos in Zeeuws Vlaanderen nie, maar bosse en bome wat nie in rytjies geplant is so 10 tree van mekaar af soos in Zeeuws Vlaanderen nie.



Jy sien pers heide lande op pers heide lande.























Jy verwonder jou aan die drenthse plaashuis met sy unieke bousteil en kom agter dat alle "moderne" huise op die steil gebou is, met ´n dwars huisie vooraan en agter `n langskuur wat nie meer skuur is nie.


Jy klim uit in Dwingeloo en verkyk jou aan die pragtige tuine en huise en snuffel in al wat `n toeristiese winkeltjie rond. Dan gaan jy terug na die Malherbes in Ruinen en braai vleis in die koue en regen en gesels oor al wat `n intelegente ding is.


Dan ry jy sondag terug dwarsoor Nederland in 3 uur na die puntjie wat Zeeuws Vlaanderen heet aan die annerkant van die Westerschelde.

Dan was jy in Drenthe. Met ouma Roline.









0 Opmerkings:

Een reactie posten

<< Home

Free Photo Albums from Bravenet.com Free Photo Albums from Bravenet.com